082 897 9555   info@eduan.co.za   

Eduan Braunvieh Stud History


Eduan Braunvieh stoet is in 1936 begin deur wyle Gawie Naudé. In 1946 sluit sy seun, Willem hom aan by die boerdery en neem die stoet verder.

Gawie Naude Willem Naude

Die eerste geregistreerde bul, Havenga aangekoop in 1935 eerste koeie Fessie 2de en Hoop aangekoop van mnr. A.A van jaarsveld en L.J. van Zijl van Stormberg Burgersdorp, twee van die stigterslede van die genootskap in SA. Die eerse kalf Elands Height Nemo word die 2e November 1936 gebore.

Gedurende die jare 1940 tot 1980 verkoop die stoet hoofsaaklik diere aan die plaaslike mark asook aan die destydse Transkei en Lesotho regerings.

Deur die jare word daar verdere aankope van diere gemaak uit die bekendste stoeterye in die land: Millard, Pit Lochrie, Sonneskyn Lizon. Ingevoerde semen en die beste, plaaslike semen is ook in ’n KI-program gebruik.

Pitlochrie Moxham

Pitlochrie Moxham kan as een van die stamvaders beskou word. Hy is die vader van Eduan Ysig en Eduan Winnie hierdie twee koeie word die stammoeders van baie van die diere wat nou nog in die kudde presteer.

Sonneskyn Amandas Dufur

Sonneskyn Amanda’s Dufur 3de bring ‘n nuwe dimensie aan die stoet met sy aankoop in 1983. Hy teel talle kampioene en Fase C presteerders waaronder Eduan Helix wat in 1989 teen die destydse rekord prys van R 15 000 aan Mike Slabber van Olifantshoek verkoop is.

Eduan Ysig
Eduan Ysig

Eduan Buksman
Eduan Buksman (Eduan Ysig Lizon / Segler 2de)

Willem Naude

In 1976 sluit Gawie hom by die boerdery aan en 1981 word daar vir die eerste keer buite die distrik aan skoue deelgeneem en die bul Galant word bekroon as die junior kampioen bul van beide Bloemfontein- en Pretoria skoue.

Willem Naude Sr en Willem Naude Jr
Willem Sr. & Willem Jr. met Eduan Galant 1ste

Willem Naude Jnr

Willem Jnr. toon sy liefde vir diere van kleins af en word so betrokke by die teling. Vandag is hy ’n integrale deel van die teling, bestuur en beplanning op Buttermead.

Sedert 2005 is die Eduan stoet weer volstoom terug in die Braunvieh bedryf en gebruik bulle uit die Vaaldu, Christopher en AC Cattle Co kuddes, asook eie bulle.

Eduan Maxil
Eduan Stefanus
Eduan Stud
Eduan Mauser

Die Eduan stoet neem sedert die tagtigerjare aan prestasie teling deel en grond sy seleksie streng daarop. Die prestasie van die Eduan bulle in die Fase C toetse is welbekend.

Ons teelbeleid is om geharde diere te teel, wat hulself kan handhaaf en vleis en melk produseer. Prestasie en vrugbaarheid vorm die kern hiervan.

Eduan Buttermead

Eduan diere op Buttermead word aan uiterste toestande blootgestel en moet hulself op die veld handhaaf. Sneeu kom dikwels voor gedurende die winter en dit is seker daarom dat Oupa op die Braunvieh besluit het. Seleksie op vrugbaarheid word streng gedoen en kalf persentasies van 90% plus word gehandhaaf.

Thulang Letsika

Tans word daar met ongeveer 120 geregistreerde koeie geteel. Daar word ekstensief met die koeie geboer met slegs aanvullende lekke. Thulang Letsika is tans in beheer van die beeste vertakking.
Die huidige kalwer oes se speen data is as volg:

Bulkalwers
5½ maande 250 kg
205 dae 306 kg
Speen: moeder 50.12%

Verskalwers
5½mnde 238kg
205 dae 280kg
Speen: moeder 50.35%

Ten slotte baie dankie, aan ons Hemelse Vader wat aan ons die talente en geleentheid gegee het om met die teel van diere vir solank besig te wees. Ook aan ons gades, elke koper, medeteler, vriende en adviseurs wat al die jare ons paaie gekruis het.

 



GAWIE NAUDE
082 897 9555
gawien@telkomsa.net
WILLEM NAUDE
082 775 7067
willem.naude@vodamail.co.za




PO Box 105
Buttermead
Barkly-East
9786



© Eduan. All Rights Reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of Eduan.