082 897 9555   info@eduan.co.za   

Eduan Miniature Horses History


Gedurende 1986 maak die eerste miniatuurperde hulle verskyning op Buttermead. Sikspens & Tiekie is Willem se troetel perde, speelmaats en vriende. Hulle spandeer baie ure in mekaar se geselskap en ’n besondere band ontstaan.

Twee jaar later word Penny & Oortjies bygevoeg en so word met die telery begin. Die eerse vul Kroon word in 1991 gebore, die eerste van penny se 19 vullens. Sy is nog steeds op die plaas en dien nou as ryperd vir Willem se dogters.

Eduan Miniature History

Eduan Miniature Horse History

Eduan Miniature Horse History

 Eduan Miniature Horse History

Eduan Miniature Horse History

Miniatuurperde word ook gekoop van die Blackstar, Stroptop, Pureperd, Apache, MMC, Marialta en verskeie ander kuddes om die genepoel op te bou.

In 2003 word die Eduan Miniatuurperd Stoet geregistreer wat die begin van groot dinge was. Verskeie kampioene is reeds vertoon op verskeie skoue.

Daar word tans met ongeveer 30 merries geteel met drie hoof stoethingste. Korrektiewe paring word gedoen om die beste nageslag te verseker. Die perde wei natuurlik in die veld en word slegs nader gebring vir vultyd. Slegs perde wat vir skoue en veilings voorberei word, word geskeer en in die stal gesit, merries met jong vullens word ook vir ongeveer een week gestal om die vullens dop te hou. Rethabile Letsika is tans in beheer van die perde afdeling.

Rethabile Letsika

Die stoet is al drie keer genomineer in die perde afdeling vir Stamboek se voortreflikheids toekenning en word dan ook in 2010 met die toekenning beloon.

CEVA Awards

Ten slotte baie dankie, aan ons Hemelse Vader wat aan ons die talente en geleentheid gegee het om met die teel van diere vir solank besig te wees. Ook aan ons gades, elke koper, medeteler, vriende en adviseurs wat al die jare ons paaie gekruis het.



GAWIE NAUDE
082 897 9555
gawien@telkomsa.net
WILLEM NAUDE
082 775 7067
willem.naude@vodamail.co.za




PO Box 105
Buttermead
Barkly-East
9786



© Eduan. All Rights Reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of Eduan.